Zinkplaat se gras vars nuwe musiek video. Die video is geskiet met 'n 5D Canon Mark2 en 'n self aangmekaar geslaande mini dolly. Porra se sussie Suzani en Mark haar kerel speel die hoof rolle. Die video beeld 'n besoedelde verhouding uit waar die twee op 'n date gaan, en hulself oortuig dat hulle hulself gate uit geniet en verlief is. Die gasmaskers en besoedelde omgewing wys hoe alles in die verhouding maar einlik vuil is sonder dat hulle dit agter kom. Totdat die fight tussen hulle uitbreek en die kerel dit net nie meer kan vat nie. Neels van Jaarsveld speel die kerel se gewete en glimlag breed toe hy die masker afhaal en die verhouding beiindig. Jan de Villiers maak ook sy verskyning en sit volgende die masker op en stap weg saam met die meisie. Dit beeld uit dat die meisie nou die kerel ook gan opstuff en dat die siklus net aangaan. Diep ne!
Stephanus Rabie maak weer sy terugkeer en was die Director, DOP, Editor en Producer.
12 years ago
13 years ago
14 years ago
14 years ago
14 years ago
14 years ago