Min Shaw - Doen slegs U wil Heer video free download


21,205
Duration: 02:59
Uploaded: 2012/07/13

Min Shaw is 'n Suid Afrikaanse sangeres van veral ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook van Afrikaanse sowel as Engelse gospel.

Sy het bekend geraak met die liedjie Jy is my liefling van die egpaar Cissie en Willie Cooper (wat hulle in die jare dertig gekomponeer het).

Die liedjie was die temalied van die gelyknamige rolprent van 1968 waarin sy teenoor Franz Marx gespeel het.

Sy het aanvanklik in restaurante in Johannesburg en Benoni gesing, maar haar deurbraak in 1961 gehad toe sy 'n talentkompetisie van LM Radio wen.

Die prys was 'n reis na Londen, waar sy ook op televisie verskyn het.

Op aandrang van die bekende orkesleier Dan Hill het sy plaatopnames gemaak.

Dit het gelei tot die uitreiking van haar eerste solus-sewe, Kleine nagtegaal, in Junie 1966.

Die plaat het goed gevaar en sy het besluit om van die sang haar loopbaan te maak.

Haar sangloopbaan is verder aangehelp deur 'n rol in die rolprent Hoor My Lied van 1967.

Die Heidelied, 'n duet met Gé Korsten, bly een van Shaw se grootste treffers.

Sy het ook in die rolprente Jy is my liefling (1968), Die Danie Bosman Storie (1969) en Lied in My Hart (1969) teenoor Gé Korsten en Mitzi Stander gespeel.

In haar loopbaan het sy meer as 40 albums uitgereik en na raming meer as 500 liedjies opgeneem.

Saam met Lance James het sy een van die gewildste Afrikaanse sangpare gevorm met trefferplate soos Bymekaar (1968) en Weer bymekaar (1982).

Nadat sy in 1975 haar lewe aan die Here toegewy het, het sy hoofsaaklik geestelike plate opgeneem.

Sy het drie Sarie-toekennings gekry en twee goue plate, 'n platinumplaat en 'n dubbelplatinumplaat (vir die rekordverkope van haar gospel-albums).

Sy is in 1996 deur die ATKV vereer vir haar bydrae tot die bevordering van ligte Afrikaanse musiek.

Comments

12 years ago

Gerhard van Rooyen

Bring back happy memories

Related Videos