Chris Chameleon - Pie Jesu (Droomland) video free download


12,783
Duration: 03:07
Uploaded: 2013/01/11

Suid-Afrika se singende ambassadeurs, die Drakensberg Seunskoor, het 45 van hul beste studente gestuur om 'n regstreekse DVD en CD op te neem saam met die Suid-Afrikaanse sangsensasie Chris Chameleon in die enorme teater van die Sudwala Grotte in Mpumalanga. Die naam van die produksie saam met Chris Chameleon was getiteld In Dreams, en was die inspirasie vir die titel Droomland.

Chris Chameleon was baie opgewonde daaroor om saam met die Drakies op te tree en het gesê hy droom sedert sy kinderjare daarvan om in dié koor van hemelse stemme te sing. As kind was dit my droom om vir die Drakies te sing, maar as gevolg van my ma se omstandighede kon ek dit nie doen nie, het Chameleon gese.

Die eerste vyf liedjies van Chris se nuutste Afrikaanse produksie bestaan uit die Misa Criolla, wat die bekendste werk van die Argentynse komponis Ariel Ramirez is, asook Requiem deur Mozart en Pie Jesu. Aanhangers van Chris Chameleon sal van sy grootste treffers, soos Droomland, Droomverlore, Lied van die Gebreekte Riete, Champion, Here Comes the Night en Apie herken. Chris is bekend vir sy gevatte stories en vermaak die gehoor met humoristiese staaltjies soos hy die liedjies aan die gehoor bekendstel. Die grotte vorm 'n perfekte en unieke agtergrond, die produksie is van hoogstaande kwaliteit en is 'n moet-he vir elke musiekliefhebber.

Kry jou kopie in die winkel of aanlyn vandag! http://www.cumbooks.co.za/droomland-cd

Comments

9 years ago

Elaine La Grange

Absoluut stunning stem Chris

9 years ago

Sandra De Wet-van den Berg

Soos net Chris kan doen! Uitstekend! Dankie!

Related Videos